Equal Rights reageer op druk op Mbumba oor Jerry-wet
’n Komitee wat teen homoseksualiteit en selfdegeslaghuwelike is, het president Nangolo Mbumba versoek om verlede jaar se huwelikswysigingswetsontwerp en gade-wetsontwerpe te teken. Hy moet ook sy standpunt oor die LGBTQ+-gemeenskap in die openbaar verklaar. Die komitee, onder leiding van voorsitter Pendapala Nakathingo en sy adjunk Paulus Nuuyona, het verlede week ‘n petisie aan die Nasionale Vergadering oorhandig. Dit het gesê dat dit agt maande is sedert die wetsontwerpe goedgekeur en na die president se kantoor gestuur is, maar tot op hede is geen stappe gedoen nie. Hulle het ook na homoseksualiteit en selfde-geslag huwelike verwys as ‘n “bose agenda” en na mense wat die gemeenskap steun, as “imperialiste en gay buitelanders”. Reaksie hierop is ontvang van Omar van Reenen, stigter van Equal Rights Namibia.