SPORT

Japan: Olimpiese komiteelid spring voor trein in

Yasushi Moriya, ‘n lid van Japan se Olimpiese Komitee, het vanoggend voor ‘n aankomende trein ingespring. Die omstandighede rondom sy dood word nog ondersoek, berig internasionale media. Die komitee is tans onder geweldige druk om die Spele te kanselleer.