Entstof: so lyk stand van sake in die land

Die adjunk-uitvoerende direkteur in die Namibiese ministerie van gesondheid Petronella Masabane het bevestig dat Oshakati, Windhoek en Rehoboth se entstof-voorraad van beide produkte, op is. Sy voeg by dat Swakopmund, Okahandja, Grootfontein, Katima Mulilo en Mariental geen meer AstraZeneca voorraad het nie maar dien nog Sinopharm spuite toe. Distrikte wat nie genoem is nie het voorraad van albei spuite. Volgens Masabane sal 250 000 dosisse Sinopharm op 17 Julie in die land aankom en die ander, AstraZeneca, Pfizer en Johnson en Johnson tussen nou en September verwag word.