AgriSA vra vir noodtoestand

Agri SA doen ‘n beroep op die Presidensie om ‘n nasionale noodtoestand te verklaar om die wetteloosheid wat in die land wortel geskiet het, te beëindig. Die uitvoerende direkteur, Christo van der Rheede, sê paaie wat versper word hou ‘n ernstige bedreiging vir die landbousektor in. Hy verduidelik hierdie soort kriminele optrede beïnvloed die uitvoer van sitrusproduksie. Van der Rheede sê berigte is ontvang oor suikerrietlande en voer wat in KwaZulu-Natal aan die brand gesteek is: