‘Geen nut om besighede oop te hou op Khorixas nie’

Besigheidseienaars op Khorixas sê hulle sal eerder hulle besighede sluit omdat hulle op die stadium amper niks inkomste het nie. Winkel-eienaars het aan nuusagentskappe gesê dat al koop hulle voorraad aan, daar is amper geen klante om die produkte te koop nie en dus, maak dit nie besigheidsin nie. Selfs informele handelaars stem saam en sê inwoners het nie geld om vir groente te betaal nie en voorraad verval en word vrot. Sylvia Tanises, een van die vroue wat groente verkoop sê sy verkoop gemiddeld drie sakkies ‘n dag wat haar met ‘n daaglikse inkomste van ongeveer 40 dollar voorsien.