Ent hier in Khomas

Kosmos 94.1 Nuus kan bevestig dat beide Rhinopark en Lady Pohamba in die hoofstad wel Sinopharm-inentings ontvang het. Daar was vroeër berigte dat die inentings nog nie versprei is nie. Die ministerie van gesondheid sê inentings in die Khomas-streek word by die twee privaathospitale, Lady Pohamba en Rhinopark uitgevoer sowel as by die Hossianakerk se gemeentesaal, die NG Kerk Eros se gemeentesaal en Windhoek Sentraal-hospitaal.