Zuma het reg om verhoor by te woon

Oudpresident Jacob Zuma se regspan betoog hy het die reg op ‘n openbare verhoor. Advokaat Dali Mpofu het aan die Hooggeregshof in Pietermaritzburg gesê Zuma het die reg om teenwoordig te wees. Die hof hoor tans sy aansoek om uitstel aan vir ‘n spesiale pleitverhoor. Zuma se regspan aanvaar nie dat sy deelname deur middel van ‘n virtuele skakel daarop neerkom dat hy teenwoordig is nie. Mpofu sê die oudpresident se regsverteenwoordigers sukkel om hom in die tronk te raadpleeg en wil hê die saak moet uitgestel word.