Ent asb. jou troeteldier teen hondsolheid

Die Namibiese landbouministerie het sy hondsdolheid-inentingsveldtog in die Khomas-streek van stapel gestuur wat vandeesweek na die ander streke sal uitbrei. Woensdag word Wêreld Hondsdolheid-dag herdenk. Dr. Theuns Laubscher van die Windhoek Veeartsenykliniek het ‘n beroep op troeteldier-eienaars gedoen om hul diere in te ent. Hy voeg by die spuit is gratis.