Enkele tand, 130 000 jaar oud, in grot gevind
‘n Enkele tand wat meer as 130 000 jaar oud is en aan ‘n oermens-spesie, die Denisovans behoort het, is in ‘n grot in Laos in Suidoos-Asië gevind. Die tand is in 2018 in die grot, Tam Ngu Hao 2, gevind en die bevindings is Dinsdag in die joernaal Nature Communications gepubliseer. ‘n Studie wat in 2020 gedoen is, het bepaal enkele Denisovan-gene kan in sommige bevolkings in suidoos Asië gevind word.