Dis wêreld-Vegandag

Four Paws South Africa sê verbruikers regoor die wêreld bestee meer aan vegankos en beweeg in die rigting van diëte met plante as basis. Vandag is Wêreld-Vegandag. Volgens data van Google Trends, is Suid-Afrika onder die top-30 lande waar veganisme die afgelope 12 maande die gewildste was. Die woordvoerder van Four Paws, Elize Parker, sê veganisme sluit meer as net die keuse van kos in, want produkte soos medisyne, skoonheidsmiddels en klere wat nie van diere af kom nie, kan ook veganisties wees: