Ses-jarige seun skiet onderwyser in Virginia

Die polisie in Amerika het ‘n ses-jarige seun in hegtenis geneem wat sy onderwyser in die deelstaat Virginia na bewering geskiet en ernstig gewond het. Dit is nie duidelik hoe die kind die vuurwapen in die hande gekry het nie. Die skietvoorval het in die graad 1-klaskamer gebeur. Die plaaslike polisiehoof, Steve Drew, sê daar is geen twyfel dat die skietvoorval ‘n ongeluk was nie. Die kind is nie in aanhouding nie en die onderwyser word in ‘n hospitaal behandel.