Endjala sê oor kanaal, opknapping en water-tekorte

Omusati-goewerneur Erginus Endjala sê daar is uitdagings met die opknapping van die Calueque-kanaal. NamWater werk tans aan die infrastruktuur wat lae druk of geen water in verskeie gebiede in die streek veroorsaak. Die goewerneur het die omvang van die probleem so verduidelik.