Drukgroep sal bly baklei vir geregtigheid vir Nchindo-familie

Die Caprivi Concerned Group sê die besluit deur die internasionale strafhof is op ‘n tegniese punt gebaseer en terwyl hulle die besluit van die hof aanvaar, is hulle nog nie klaar. Die groep het die hof gevra dat daar ondersoek ingestel word na die dood van die vier lede van die Nchindo-familie op 5 November 2020. Die drie broers en hul neef is deur lede van die Botswana-weermag doodgeskiet terwyl hulle vis gevang het in die Chobe-rivier. Die hof sê die kwessie val nie onder sy jurisdiksie nie en dus, kan die ondersoek nie gelas word nie. Kosmos 94.1 nuus het met Edwin Samati, sekretaris-generaal van die groep gepraat.