Staatsamptenare in SA berei voor vir staking

Die Vereniging van Staatsamptenare in Suid-Afrika het bevestig hy berei voor vir nywerheidsoptrede op Woensdag en Donderdag. ʼn Woordvoerder, Claude Naiker, het teleurstelling uitgespreek dat die minister van finansies, Enoch Godongwana, in sy begroting nie daarin kon slaag om met ʼn oplossing vir die huidige geskil vorendag te kom nie. Die meerderheid van sy lede het die regering se salarisverhogings-aanbod verwerp van ʼn pensioendraende salarisaanpassing van 3 persent en die voortgesette betaling van die kontantgratifikasie tot 31 Maart 2023. Volgens Naiker sal verskeie departemente deur die staking geraak word: