Voertuigverkope herstel goed in Augustus

Voertuigverkope vir Augustus is bekend en lyk belowend. ‘n Totaal van 1 051 nuwe voertuie is verkoop, die meeste sedert Maart vanjaar toe 1 054 eenhede aangeteken is. Robert McGregor van Cirrus in die hoofstad sê kommersiële voertuie het ook beter vertoon.