Elsiesrivier-skool, letterlik, heel weggedra

Die Uitzig-sekondêre skool in Elsiesrivier in die Wes-Kaap is in 2019 gesluit maar, daar is letterlik niks van die skool oor nie. Die gemeenskap, en blykbaar skollies, in en om Uitsig het die skool, baksteen, vir baksteen, weggedra. Volgens inwoners is daar net die fondasie van die geboue, wat 30 klaskamers en ‘n kantoorblok gehad het, oor. Die perseel het nou ‘n stortingsterrein en ‘n kortpad vir skollies geword om weg te kom as hulle iets gesteel het. Die Wes-Kaapse onderwysdepartement sê tussen 2013 en 2019 is honderdeduisende bestee aan herstelwerk en beveiliging van die skool, wat duidelik op nul uitgeloop het.