Britte vries 18 miljard pond se Russiese bates

Die Britse regering sê hy het bates ter waarde van 18 miljard pond, of 363 miljard Namibiese dollar wat deur Russiese oligarge, ander individue en entiteite wat vir Moskou se inval in die Oekraïne gesanksioneer is, gevries. Rusland het Libië en Iran verbygesteek om Brittanje se mees gesanksioneerde nasie te word. Die Britse tesourie sê hy het die strengste sanksies ooit teen Rusland ingestel. Brittanje het tot dusver meer as 1 200 individue en meer as 120 entiteite in Rusland geteiken sedert die oorlog op 24 Februarie vanjaar begin het.