Elon Musk wil nie op Twitter-direksie wees

Elon Musk het Twitter se aanbod om by sy direksie aan te sluit, verwerp wat ’n dramatiese wending is in ’n week toe die miljardêr sy grootste aandeelhouer geword het. Die maatskappy se direksie het samesprekings met Musk gevoer, het Parag Agrawal, hoof uitvoerende beampte van Twitter gesê , maar het nie die rede vir die Tesla-hoof se besluit bekend gemaak nie. Twitter-aandele het op 4 April, toe Musk sy belang bekend gemaak het, met 27 persent gestyg, maar het sedertdien 7,5 persent van daardie winste verloor.