Man gaan vir DBV 100 keer tussen Blouberg en Robben-eiland swem

 Swem: Die langafstand-swemmer, Howard Warrington, sien daarna uit om die vierde persoon in die wêreld te word om 100 keer tussen Blouberg en Robben-eiland te swem, wanneer hy volgende maand deelneem aan die Swim4Survival-uitdaging. Warrington het reeds 92 keer Robbeneiland toe geswem. Sy 100ste keer gaan wees ten bate van die DBV om fondse in te samel vir die beskerming van seelewe. Warrington het sy ondersteuners aangemoedig om 450 rand aan die DBV te skenk. Die geleentheid sal op Sondag 22 Mei plaasvind.