Elon Musk skenk N$736 miljoen aan navorsingshospitaal vir kinders

Een van die rykste mense ter wêreld, Suid-Afrikaans gebore Elon Musk, het beloof om ongeveer 736 miljoen Namibiese dollar aan sy maatskappy, SpaceX, se Inspiration4-insamelingsveldtog te skenk ten bate van die St Jude-navorsingshospitaal vir kinders in Memphis, Tennessee. Die burgerlike bemanning het Saterdag ná drie dae in die ruimte hul terugkeer na die aarde gevier. Een van die ruimte-toeriste, Hayley Arceneaux, is ‘n dokters-assistent by die hospitaal. Die sending se hoofdoel was om drie miljard Namibiese dollar vir St Jude in te samel. Hulle het reeds byna 2,4 miljard Namibiese dollar ingesamel voordat Musk beloof het om ook by te dra.