Beskadigde paaie in Namibië hopelik voor reënseisoen herstel

Namibiërs geniet tans die lenteseisoen, maar dit is nie meer lank voor die reën kom nie. Dit is egter ‘n bron van kommer vir die Paaie-owerheid wat op die oomblik besig is om paaie te herstel wat tydens die vorige reënseisoen beskadig is. Sommige paaie in die suidelike dele van die land en in die Kavango-Oos-streek is erg beskadig. Die korporatiewe kommunikasiebestuurder van die owerheid, Hileni Fillemon, het aan Kosmos 94.1 gesê hulle is vol vertroue dat die beskadigde paaie voor die reënseisoen herstel sal wees.