Skoene word aan leerders in Omaheke-streek uitgedeel

Project Never Walk Alone van Tim Ekandjo gaan van vandag tot Donderdag 1 300 pare skoene in die Omaheke-streek versprei. Dit volg nadat leerders van Maltahöhe 658 pare skoolskoene ontvang het en leerders van Kalkrand 348 pare skoene. Ekandjo sê hulle begin vandag skoene by die Goeie Hoop Skool op Epukiro uitdeel, daarna ander skole in die Omaheke-streek.