SA ambassadeur in Japan bring hulde aan oudpremier

Suid-Afrika se ambassadeur in Japan, Smuts Ngonyama, sê hy hoop die moord op die voormalige Japanse premier, Shinzo Abe, sal nie enige uitwerking hê op die verhouding tussen Japan en Suid-Afrika nie. Hy het gesê Abe het meegehelp om die handelsbetrekkinge tussen Afrika en Japan te versterk en was aan die voorpunt van die Tokio Internasionale Konferensie oor Ontwikkeling in Afrika. Ngonyama sê Abe was ‘n voorstander van ekonomiese hervorming en het sleutel-diplomatieke betrekkinge gesmee.