Elon het lankal vredesplan gedeel, voor hy getwiet het

Berigte lui dat Elon Musk sy omstrede plan vir vrede in die Oekraïne op ‘n vergadering van politieke leiers en miljardêrs bespreek het voordat dit bekend gemaak is. Musk, die stigter van Tesla en die wêreld se rykste man, het die opmerkings gemaak by ‘n elite-geleentheid in Aspen, Colorado. Die Speaker van die Huis, Nancy Pelosi, en voormalige visepresident Al Gore was ook by die geleentheid. Die kern van die voorstel is om sommige Oekraïnse grondgebied aan Rusland oor te gee, ‘n posisie wat Oekraïnse leiers sê onaanvaarbaar is. Tien dae later het Musk die plan getwiet, wat destyds nuut gelyk het. Dit het hewige kritiek van die Oekraïne en lof van die Kremlin ontlok.