Ebola: Uganda se gesondheidsminister sê 6 gesondheidswerkers is dood

Uganda se gesondheidsministerie het meer inligting bekend gemaak oor die 109 Ebola-gevalle. Die minister, Jane Aceng, sê 15 van die bevestigde gevalle is gesondheidswerkers. Sy het ook bevestig dat 30 mense, insluitend ses gesondheidswerkers, aan die virus dood is. Aceng sê nog ‘n behandeling-sentrum, die sesde een, word opgerig.