T20: Indië klop Nederland met 56 lopies

Indië het Nederland met 56 lopies geklop in hul T20-Wêreldbeker-groepswedstryd in Sydney, Australië. Die Indiese span het ‘n goeie 179 vir twee in hul kolfbeurt aangeteken danksy Virat Kohli se onoorwonne 62 en kaptein, Rohit Sharma, se 53. Die Nederlanders kon slegs met 123 vir nege antwoord nadat Bhuvneshwar Kumar, Arshdeep Singh, Axar Patel en Ravichandran Ashwin elk twee paaltjies laat kantel het. Suid-Afrika het Bangladesj vanoggend met 104 lopies verslaan, ook in Sydney, terwyl vandag se laaste wedstryd tussen Pakistan en Zimbabwe in Perth gespeel word.