Elisenheim vanoggend sonder drinkwater

Die Stad Windhoek is tans besig met hul jaarlikse skoonmaak van reservoirs en terselfdertyd sal werk aan die aan die Elisenheim-landgoed noord van Windhoek se reservoir gedoen word. Gevolglik sal watertoevoer in Elisenheim vanoggend tussen agt-uur en 12-uur onderbreek word. Die Stad raai die inwoners aan om gedurende hierdie tydperk die nodige reëlings vir drinkwater te tref en vra om verskoning vir enige ongerief wat dit mag veroorsaak. Kosmos 94.1 Nuus het met die kommunikasiebeampte van die stad, Celie Kapolo gesels…