Australiese premier: Nog aanvalle op leiers gaan voorkom

Die Australiese eerste minister, Anthony Albanese, waarsku sulke aanvalle soos op Japan se oudpremier Shinzo Abe kan weer voorkom en sê die noodlottige skietery was ‘n daad van terreur. Australiese media berig die land se skadu-minister van binnelandse sake, Karen Andrews, sê Abe se dood moet Australië noop om te herbesin oor veiligheidsmaatreëls vir sy politici. Intussen gaan die Japannese kiesers vandag na die stembus vir ‘n parlementêre verkiesing wat die regerende Liberale Demokratiese Party ‘n oplewing van steun kan gee.