Weer ‘n nuwe waarnemende Windhoek-hoof aangestel

Jennifer Comalie is vanaf 15 November vir drie maande as waarnemende uitvoerende hoof van Stad Windhoek aangestel. Sy neem oor by Mujiwa Mayumbelo wat sedert November verlede jaar die pos in ‘n waarnemende posisie beklee het. Comalie is die strategiese uitvoerende hoof in die finansies en kliënetediens-afdeling. Stad Windhoek wens haar alle sterkte toe en bedank Mayumbelo vir sy bydrae.