Elektriese voertuie sal Nam-mynbedryf bevoordeel

Die opkoms van elektriese voertuie, aangedryf deur verbruikersvoorkeure vir meer omgewingsvriendelike produkte, verhoog die vraag na minerale wat in batterye en elektriese motors gebruik word. Dit sal die effek hê dat die vraag na minerale soos litium, nikkel, koper, tin en kobalt sal groei en die Namibiese mynbousektor is goed geposisioneer om voordeel te trek uit hierdie toenemende vraag. Maar, kenners meen dat die plaaslike mynbedryf ook ‘n belangrike rol sal speel in die oorgang na ‘n meer volhoubare bedryf. Met die sogenaamde vierde industriële revolusie sal produktiwiteit deur outomatisering en digitalisering verbeter.