Tiger Brands herroep van sy Essentials en Fresh talk-babapoeiers

Tiger Brands het sy Purity Essentials Baby Powder-reeks herroep. Volgens berigte uit die buurland is daar asbes in toetsmonsters van die talk-grondstof wat in hierdie produkte gebruik word, gevind. Die maatskappy sê in ‘n verklaring die uitslae voldoen nie aan sy streng kwaliteit- en veiligheidstandaarde nie. Die Purity-reeks en Purity-Elizabeth Anne’s reeks se 100-, 200- en 400-gram Essentials babapoeier produkte is herroep en so ook Purity-Elizabeth Anne’s Fresh babapoeier, 400-gram. Tiger Brands doen ’n beroep op verbruikers om hul produkte terug te neem na hul naaste handelaar vir ’n kontant- of koeponterugbetaling. Die Purity Baby Cornstarch Powder, sowel as enige ander Purity-produkte word nie geraak nie.