ANC-beleid kniehalter ekonomiese groei

Die DA sê Suid-Afrika se ekonomie is vasgevang in ‘n vernietigende, afwaartse, selfversterkende spiraal wat aangedryf word deur mislukte politieke agendas, ‘n lae groeikoers, hoë werkloosheid en onbestendige energievoorsiening. Dit volg nadat die land se ekonomie in die tweede kwartaal vanjaar met 0,7 persent gekrimp het. ‘n DA-woordvoerder, Dion George, sê ANC-beleide het die land vasgevang in ‘n verwoestende, lae groeisiklus: