Swapo moes sy mense beter opgelei het

Die regte van die LGBTQ-gemeenskap is steeds in die nuus. Uitlatings deur die regerende party soos die Swapo Jeugliga, sowel as die party se ouderlingsraad, en kerke, wek groot kommer onder voorstanders van menseregte. Toni Hancox, direkteur by die Namibiese Regshulpsentrum, sê lede van die gemeenskap het ‘n reg om hulle lewens te lewe en die regering het ‘n plig om sy partylede beter op te lei.