Eksamens effe later vanjaar

Ná ‘n lang jaar wat Namibië se onderwysstelsel onderbreek en ontwrig is deur die tweede en derde Covid-vlaag, het skole uiteindelik weer begin en leerders berei voor vir die eindeksamens. Die onderwysministerie moes die skoolkalender verander om al die werk in te pas wat ingehaal moes word. Sanet Steenkamp, uitvoerende direkteur in die onderwysminsiterie, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dit gaan met die voorbereiding vir die eksamens.