Ekonoom sê oor olieprys…

Die hoogste prys wat ‘n vat olie ooit behaal het was 147 Amerikaanse dollar en 2 sent op 11 Julie 2008. Nadat dit onder 100 dollar in die somer van 2008 geval het, het die olieprys weer in laat September gestyg. Op 22 September het olie met meer as 25 dollar tot 130 dollar gestyg voordat dit weer tot 120 dollar en 92 sent gesak het. Kosmos 94.1 Nuus het aan Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Klopper gevra of ons weer teruggaan in die geskiedenis en wat moet gebeur om terug te kom na 90 dollar ‘n vat.