ABSA in die sop vir aanstelling van wit baas

Die Openbare Beleggingskorporasie in Suid-Afrika het sy teleurstelling uitgespreek met die ABSA-direksie se aanstelling van die groep se nuwe wit uitvoerende hoof. Die beleggingskorporasie glo dit is nog ‘n verspeelde geleentheid vir die ABSA-direksie om sy verbintenis tot doelgerigte transformasie en bevordering van diversiteit, inklusiwiteit en rasse- en geslagsgelykheid in die openbaar te toon op die mees senior vlak. Die beleggingskorporasie, as ‘n beduidende aandeelhouer, het ‘n dringende vergadering met die ABSA-direksie versoek om sy strategie en plan vir transformasie voor te lê. Die bank het vir Arrie Rautenbach in die pos aangestel.