Beesbemarking daal in Julie

Namibië se beesvleissubsektor het in Julie vanjaar net meer as 7 300 beeste aan abattoirs bemark, ‘n afname van 33 persent teenoor verlede jaar se syfers. Volgens Agribank se jongste analise is altesaam 22 967 beeste in Julie bemark, wat ook ‘n daling, 8 persent, teenoor verlede jaar verteenwoordig. Die bank sê speenkalfuitvoere oorheers steeds die bedryf en het gestyg met 14 persent tot 15 272, vanaf 13 448 in die vorige jaar. Pryse in die buurland was uiters goed. Die bank sê vooruitsigte vir produsente is goed in terme van pryse, maar, sake word bemoeilik deur die skerp styging in insetkoste.