Dieselprysstyging gaan Wes-Kaapse graanoes baie duurder maak

Agri Wes-Kaap sê wintergraanboere in dié provinsie gaan vanjaar 96 rand per hektaar meer betaal as in 2020 indien die voorsiene prysstyging in November ingestel word. Die uitvoerende hoof, Jannie Strydom, sê dit beteken die dieselkoste vir vanjaar se totale oes teenoor dié van verlede jaar, gaan met meer as 55 miljoen rand styg. Strydom doen ‘n beroep op die regering om die gereguleerde dieselprys dop te hou sodat voedselinflasie bekamp kan word.