Ekonoom sê brandstofprys sal nie groot verandering aanteken nie

Terwyl daar groot kommer is oor die Brent ru-oliepryse wat tans rondom 75 Amerikaanse dollar verhandel en moontlik ‘n verhoging in die brandstofprys in Julie kan veroorsaak, sê ekonome dit is nie noodwendig so nie. Volgens die bekende Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Roodt, verwag hy nie veel van ‘n verandering nie. Hy verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus.