Ekonoom positief oor groen waterstof-projek

Terwyl leiers van regoor die wêreld by die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos, Switserland vergader het, het die Namibiese regering verslag gedoen oor die vordering wat gemaak is met betrekking tot Namibië se eerste grootskaalse groen waterstofprojek, met Hyphen Hydrogen Energy. Die Tsau //Khaeb Nasionale Park Suidelike Korridor Ontwikkelingsinisiatief Waterstofprojek is in 2021 deur die Namibiese regering ontwerp, as deel van sy nasionale groei- en ekonomiese herstelplan. Volgens Hyphen word die eerste fase van 125 000 ton groen waterstof-produksie aan die einde van 2026 beplan. Ekonoom Gabriel Erastus deel sy mening met Kosmos 94.1 Nuus …