Ekonoom bevraagteken BoN se prestasie…

‘n Namibiese ekonoom het heftig gereageer op die Bank van Namibië wat steeds goed doen, ondanks die Covid-pandemie, volgens die goewerneur, Johannes !Gawaxab. Die bank se uitvoerende bestuur het ‘n hoflikheidsbesoek aan President Hage Geingob by Staatshuis afgelê. !Gawaxab sê die bank se direksie sal môre ‘n vergadering hou om verskeie kwessies te bespreek, waaronder die betaling van dividende aan sy hoofaandeelhouer, die regering. Die bank beplan om ‘n hoër dividend te verklaar, maar ekonoom Gabriel Erastus, vra waarom is die ekonomie in só ‘n toestand.