Oekraïnse Paralimpiese atlete doen beroep vir vrede

Paralimpiese Spele: Oekraïense atlete en beamptes het by die Paralimpiese Spele in Beijing ‘n beroep vir vrede gedoen. Internasionale nuusagentskappe berig die president van Oekraïne se Nasionale Paralimpiese Komitee, Valerii Sushkevych, het die volle afvaardiging van 20 lede gelei terwyl ‘n vredesboodskap vertoon is. Oekraïne blink uit op die Spele al het hulle na Rusland se inval van hulle land amper nie by die Chinese hoofstad uitgekom het nie. Hulle het reeds ses goue medaljes ingepalm wat hulle in die derde posisie plaas, ná die gasheer, China, en Kanada.