Voertuigverkope vertoon beter in Februarie

‘n Totaal van 883 nuwe voertuie is in Februarie vanjaar verkoop, teenoor 893 in Februarie 2021. Op ‘n maandelikse basis het voertuigverkope met 25,2 persent gestyg vanaf 705 wat in Januarie vanjaar verkoop is, maar, op ‘n jaargrondslag, het verkope met 1,1 persent afgeneem. Passasiersvoertuie het die grootste deel van die verkope uitgemaak met 49,7 persent van alle verkope en dan ligte kommersiële voertuie wat op 41,4 persent van alle verkope ingekom het. Simonis Storm is van mening dat verkope vanjaar beter sal vertoon teenoor 2021 as gevolg van ‘n hoë vraag na nuwe voertuie maar, ‘n beperkte aanbod. Rusland en die Oekraïne is kern uitvoerders van goedere wat in die vervaardiging van mikroskyfies gebruik word.