Cosdef-studente vies vir NSFAF

Die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente, NSFAF, is weer in omstredenheid gehul. Volgens inligting het Cosdef-studente in Tsumeb hul terugbetalings-dokumente op 11 Augustus onderteken en is daarna in kennis gestel dat hul terugbetalings op 31 Augustus gedoen sal word, wat nie gebeur het nie. Studente is eers op 16 September terugbetaal. Die volle bedrag waarvoor geteken is, is ook nie ontvang nie met net helfte wat betaal is.’n Student by Cosdef, Vivian Simon, het hul frustrasie met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.