Ekonomiese groei lyk goed, en so lyk die dinge wat ons kan raak

Simonis Storm in die hoofstad het sy ekonomiese vooruitsigte bekend gemaak. Die makelaarsfirma verwag dat Namibië se ekonomie vanjaar met 3,7 persent sal groei en inflasie tot 5,3 persent sal daal. Volgens sy vooruitsigte sluit van die kern elemente wat Namibië se groei en vooruitsigte kan beïnvloed energiepryse en rentekoerse in. Die maatskappy maak ook melding van geopolitiek, die komende verkiesings in 2024, sowel as die impak van klimaatsveranding op landbou en visserye. Resessies in gevorderde ekonomieë en inflasie kan ook ‘n beduidende rol speel. Die regering se inkomste sal beperk bly, ook in groen-waterstof, tot olie- en gasproduksie operasioneel is.