Aarde verhit vinniger as voorheen beraam

Die planeet kan moontlik vinniger kritieke aardverwarmingsdrempels oorsteek as wat vorige modelle voorspel het. Dit is volgens ‘n studie wat in die vaktydskrif Proceedings of the National Academy of Sciences gepubliseer is. Die studie raam dat die planeet oor ‘n dekade 1,5 grade Celsius se opwarming bo pre-industriële vlakke kan bereik. Dit het ook bevind daar is ‘n beduidende moontlikheid dat die aarde se temperatuur teen die middel van die eeu selfs die drumpel van twee grade kan oorskry. Die studie sê as die temperatuur meer as twee grade styg, kan dit ‘n katastrofiese en potensieel onomkeerbare uitwerking meebring.