Ekonomiese groei is uiters belangrik met stygende rentekoers

Die DA sê die hoë inflasionêre omgewing gedryf deur stygende koste in brandstof, voedsel, behuising en vervoer, kan lei tot ‘n toenemende voedselarmoedekoers onder lae-inkomste huishoudings. Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het die repokoers met 75 basispunte tot 5,5 persent per jaar verhoog. Dion George van die DA sê die ANC se weiering om groei wat ekonomiese hervormings moontlik maak na te volg, laat die regering ongelukkig byna geen ruimte om kwesbare huishoudings te beskerm nie: