Oekraïne kan heeltemal verdwyn – Medvedev

Rusland se voormalige President Dmitri Medvedev het gewaarsku dat Oekraïne ‘van die wêreldkaart kan verdwyn’ te midde van Vladimir Putin se inval in die land. Medwedev, ‘n Putin-bondgenoot, het ook die Amerikaanse President Joe Biden as ‘n ‘vreemde oupa met demensie’ afgemaak. Medvedev het gewaarsku dat NAVO ‘n werklike bedreiging van wêreldkonflik en die dood van ‘n beduidende deel van die mensdom skep’ deur militêre toerusting na die Oekraïne en troepe te stuur na lande op Europa se oostelike flank, soos Estland en Litaue. Suid-Afrikaanse politieke kommentator, Andre Duvenhage gee sy mening oor die stand van die konflik aan Kosmos 94.1 Nuus.