Ekonomiese druk, ouers en privaatskole – so lyk dinge

Die Nasionale Vereniging vir Skoolbestuursliggame sê hulle het die afgelope twee jaar ‘n toename ervaar van kinders wat vanaf privaatskole na staatskole skuif. Dit kon veroorsaak wees deur die swak ekonomie en die styging in werkloosheid weens die Covid-pandemie. In Namibië is daar ook ouers wat sukkel om skoolfondse aan privaatskole te betaal, maar die situasie is effe beter as voorheen. Colette Rieckert, voorsitter van die Vereniging van Privaatskole in Namibië verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus.