Ekonomiese druk gaan lei tot strawwe vakbond-onderhandelings
Daar is altyd kommer oor arbeidsonrus tydens periodes van hoë inflasie en stygende lewenskostes. Plaaslik is daar nie volgens kenners enige noemenswaardige kommer oor burgerlike onrus nie maar, onderhandelings tussen werkgewers en vakbonde, en moontlike stakings sal moontlik verskerp word. Die plaaslike arbiedskenner Herbert Jauch stem saam maar sê onderhandelings moet deursigtig en eerlik wees.